Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 26 AUGUSTUS 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin vanoggend met nuus van ‘n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Barrie Neunborn, ZS5BTC, 'n lid van die SARL, Dinsdagoggend 21 Augustus 2018 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou, Margaret, hul drie dogters en hul families en sy vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL HF GELYKGOLF KOMPETISIE VANMIDDAG

'N NUWE SARL HAMNET NASIONALE DIREKTEUR AANGEWYS

en

JONGMENSE IS DIE TOEKOMSTIGE LEIERS VAN AMATEUR RADIO

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL HF GELYKGOLF KOMPETISIE VANMIDDAG

Die laaste van die SARL HF kompetisies, die HF Gelykgolf Kompetisie, is vanmiddag tussen 14:00 en 17:00 UTC op die lug met aktiwiteite tussen 14 000 en 14 060 kHz; 7 000 en 7 040 kHz en 3 510 en 3 560 kHz. Die uitruiling is 'n RST-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat vanaf 001 begin. Die volledige stel reëls kan gevind word in die Augustus-uitgawe van Radio ZS of die Blou Boek 2018. Lees asseblief die reëls voor 14:00 UTC.

Stuur jou log in ADIF (met 'n opsommingsblad), Cabrillo (met 'n opsommingsblad) of MS Excel-formaat (die opsommingsblad is deel van die Excel-sigblad) en gemerk "my roepsein HF Gelykgolf" teen Maandag 3 September 2018 per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za.

Tot op hede is daar slegs 5 logstate ontvang vir die SARL HF Digitale kompetisie. Stuur jou logstaat in teen middernag op Maandag 27 Augustus.

'N NUWE SARL HAMNET NASIONALE DIREKTEUR AANGEWYS

Die Raad van die SARL het tydens sy vergadering op Dinsdagaand 21 Augustus Glynn Chamberlain, ZS6GLN aangestel as die nuwe SARL Hamnet Nasionale Direkteur. Die Raad het 'n brief ontvang van Paul van Spronsen, ZS1V, waarin hy versoek het dat hy as Nasionale Direkteur uittree. Die naam van die nuwe Adjunk Nasionale Direkteur sal bekend gemaak word sodra die aanstelling gemaak word.

Die President en die Raad wil Paul bedank vir sy 5 jaar diens as Nasionale Direkteur en wens Glynn alles van die beste in sy nuwe pos.

JONGMENSE IS DIE TOEKOMSTIGE LEIERS VAN AMATEUR RADIO

"Julle is die toekoms van Amateur radio", het YOTA 2018 Beskermheer, Gary Immelman ZS6YI aan die YOTA 2018 afgevaardigdes gesê tydens sy toespraak op die laaste aand van die gebeurtenis wat nou wêreldwyd ingelui is as die beste ooit. Hy het gesê "die voorneme hierdie jaar was om julle bloot te stel aan relatief hoë-intensiteit amateur radio pret met soveel diverse segmente moontlik tydens hierdie kort week. Vanselfsprekend het ons slegs die punt van die ysberg aangeraak en soveel meer projekte kon aangepak word, maar ek glo julle het almal ‘n voorsmaak gekry van wat in ons stokperdjie gedoen kan word en veral wat gedoen kan word om YOTA van die toekoms ‘n steeds veranderende en selfs beter ervaring te maak as die vorige een.

Julle is die toekomstige leiers van die amateur radio gilde en ek moedig julle aan om leiers in jul onderskeie organisasies te word. Die feit dat julle bereid was om al die pad na Suid-Afrika te kom en so entoesiasties deel te neem aan YOTA hierdie jaar, bewys dat julle ‘n toegewyde en gemotiveerde groep jongmense is. Beoordeel aan wat ek gesien het in jul deelname en die entoesiasme en geesdrif waarmee julle aan die onderskeie aktiwiteite deelgeneem het, stel my gerus dat die toekoms van amateur radio inderdaad helder is,"

Gary het die SARL YOTA organisering span bedank vir hul toewyding om hierdie, ongetwyfeld die grootste gebeurtenis op die Suid-Afrikaanse Kalender, te laat gebeur. Spesiale dank moet gaan aan Nico van Rensburg, ZS6QL vir sy ontsaglike bydrae en leierskap, Koos Fick, ZR6KF en Lisa Leenders, PA2LS om die gebeurtenis na Suid-Afrika te bring.

Gary het afgesluit met "Die grootste geskenk wat jy iemand kan gee, is jou tyd, want jy gee ‘n deel van jou lewe wat jy nooit kan terugkry nie."

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

AMSAT SA SKUIF RUIMTE SIMPOSIUM NA VROEËR IN DIE JAAR

AMSAT SA het die datum vir die 2019 AMSAT SA Ruimte Simposium bekend gemaak. Die simposium sal op Saterdag 16 Maart 2019 gehou word. ‘n Versoek vir voorleggings en meer besonderhede sal binnekort bekend gemaak word. Klubs word versoek om admin@amsatsa.org.za in kennis te stel indien die datum met klub vergaderings of ander bekende gebeurtenisse bots.

KOMPETISIES IN SEPTEMBER

Die naweek van 8 en 9 September sal die tweede been van die SARL Nasionale Velddag op die lug wees.

Oor die naweek van 15 en 16 September is daar twee kompetisie om aan deel te neem. Die tweede been van die SARL BHF/UHF en hoër Digitale kompetisie sal op die lug wees sowel as die Afrika Alle Modusse Internasionale DX-kompetisie of "Afrika werk die wêreld!"

Die doel van hierdie alle modusse kompetisie is om kompetisie uit Afrika te bevorder. Alle deelnemende stasies wêreldwyd mag enige land in die kompetisie periode werk. Afrika DXCC-entiteite word gedefinieer as dié wat geldig is vir die ARRL DXCC AF-lys wat tydens die kompetisie gepubliseer is.

Die Afrika Alle Modusse kompetisie sal vanaf 12:00 UTC op Saterdag 15 September tot 12:00 UTC op Sondag 16 September 2018 plaasvind. Albei enkel- en multi-operateurstasies kan vir die hele 24-uur-tydperk bedryf word. Daar is geen verpligte onderbrekings in die bedryfstyd benodig nie.

Dit is Gelykgolf, RTD en ESB op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Geen papier inskrywings sal aanvaar word vir kompetisie- of kontrole doeleindes. Inskrywings moet slegs in Cabrillo-formaat ingedien word en moet nie later as 15 dae na die kompetisie ontvang word nie - Maandag 1 Oktober 2018. Inskrywings moet gestuur word vir contest@sarl.org.za

Die volledige stel reëls vir al drie hierdie kompetisies is te vinde in die 2018 SARL-Kompetisie Handleiding. Dit sal in die CQ-kompetisie kolom van die September 2018 Radio ZS gepubliseer word.

WESRAND SNUFFELMARK

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 1 September 2018 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting, skakel Phillip, ZS6PVT op 083 267 3835.

HIGHWAY ARK AJV

Die Highway Amateurradioklub het hulle AJV op 21 Augustus 2018 gehou het. ‘n Nuwe komitee wat die klub vooruit sal neem in die volgende 12 mande is verkies en die lede is as volg:

Voorsitter: Keith Lowes, ZS5WFD
Ondervoorsitter: Laurie Devereux, ZS5DL
Sekretaris: Peter Leonard, ZS5PL
Tesourier: Kimmy Wright, ZS5KIM
Lede: Glen Duffy, ZS5GD, Peter Dormehl, ZS5HF, Justin Wright, ZS5JW en Sean Pritchard, ZS5X

Die lidmaatskap van HARK het sopas vir die eerste keer 100 bereik en 37 lede was teenwoordig by die AJV. Verskeie toekennings en sertifikate is aan verdienstelike lede oorhandig en die aand is beëindig met ‘n uitstekende buffet maaltyd. Komitee portfolios moet nog gefinaliseer word en sal binnekort op die HARK Facebook bladsy bekend gemaak word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar 'n paar klein sonvlekkies sigbaar, maar sonder enige potensiaal vir sonfakkels. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een gebruik vir die week. Amateurs kan moontlike goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die SARL HF Gelykgolf Kompetisie
27 Augustus – die sluitingsdatum vir HF Digitale logstate
1 September – die Wesrand Snuffelmark
1 en 2 September – die Streek 1 en RSGB ESB Velddae
3 September – die sluitingsdatum vir HF Gelykgolf logstate
8 en 9 September – die SARL Nasionale Velddag
15 September – die Oos Rand Tak AJV
15 en 16 September – die Afrika Alle Modusse Internasionale DX-kompetisie en die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie
17 September – Sluitingsdatum vir NVD logstate en Oktober RAE Registrasie Sluit

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die laaste van die SARL HF kompetisies, die HF Gelykgolf Kompetisie, is vanmiddag tussen 14:00 en 17:00 UTC op die lug met aktiwiteite tussen 14 000 en 14 060 kHz; 7 000 en 7 040 kHz en 3 510 en 3 560 kHz. Die uitruiling is 'n RST-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat vanaf 001 begin. Die volledige stel reëls kan gevind word in die Augustus-uitgawe van Radio ZS of die Blou Boek 2018.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003